Skouer aan/teen die wiel sit.
Alle kragte inspan; hard werk.
(’n Afrikaanse wysiging van die Nederlandse de hand aan het wiel leggen; waarskynlik is die beeld versterk gedagtig aan die Voortrekkers wat letterlik skouer aan die wiel moes sit om deur moeilike driwwe en oor hoë bulte te kom.)
(Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)