Spring gou, want die aap is (weer) uit die mou!

Kraal Uitgewers se gewilde spreekwoordnotaboekies is nou weer op die rak. Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat op elkeen van hierdie (s)kattige diertjies van toepassing is. Spring gou en HAAS jou na Kraal se e-winkel om joune te koop anders mag jy dalk die bont HOND in wees as alles voor jou neus opgeraap word. Notaboeke bevat 75 bladsye in A5-formaat en is beskikbaar teen slegs R60 elk. Klik hier om joune nou in die e-winkel te koop.