Steeds beskikbaar: Van Ovamboland tot Masjonaland

Die gewilde Van Ovamboland tot Masjonaland (deur Louis Lubbe) ondersoek die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se betrokkenheid by die Grensoorlog.

Die SAP was die heel eerste van al die veiligheidsmagte wat in Suidwes-Afrika en die Caprivi ontplooi is met die aanvang van die Bosoorlog in 1966 en was nog steeds daar toe die laaste skote in 1989 oor Ovamboland weggesterf het. Dié boek vertel die verhaal wat oor 23 jaar strek. Dit bevat sowat 600 foto’s en meer as 100 persoonlike vertellings en staaltjies van oud-polisielede wat by die Bosoorlog betrokke was. Van Ovamboland tot Masjonaland vertel van die lief en leed van dié oorlog, van patrolliestap, basiskampe in verafgeleë gebiede, van hinderlae, landmyne en humor.

Van Ovamboland tot Masjonaland is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R400 (R50-posgeld uitgesluit). Klik hier vir meer inligting oor die boek.