’n Anglisisme is ’n vorm wat onder Engelse invloed in ’n ander taal opgeneem word; dikwels is sodanige vorm in stryd met die sisteem van die ontlenende taal.
Voorbeelde:
- Die spaarwiel (Engels: spare wheel) is stukkend.
Korrekte Afrikaanse vorm: Die noodwiel is stukkend. - Hulle groei (Engels: grow) pragtige blomme.
Korrekte Afrikaanse vorm: Hulle kweek pragtige blomme. - Hy dra brille (Engels: glasses/spectacles).
Korrekte Afrikaanse vorm: Hy dra ’n bril.
(BRONNE: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans)