Tag Archives: Aanhaling van die week

Aanhaling van die week – 6 Desember 2021: Dr. Annelie Lotriet

“In hul haastige poging om grondonteiening sonder vergoeding en nasionalisering van grond na te streef, het die twee partye [ANC en EFF] hul minagting vir die Grondwet en onvervreembare eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners blootgelê.”  Dr. Annelie Lotriet (“Onteieningswet wat misluk ‘oorwinning vir SA se grondwetlike bestel’”, Maroela Media, 8 Desember 2021)

Aanhaling van die week – 29 November 2021: Prof. Tulio de Oliveira

“Die [Omikron]-variant het ons verras. Dit verteenwoordig ’n groot sprong in die evolusie (van die virus). Dit versprei geweldig vinnig en ons verwag om binnekort druk op die gesondheidstelsels te sien.” Prof. Tulio de Oliveira (in “Ons weet nie hoe dodelik mutasie is”, Rapport, 28 November 2021)

Aanhaling van die week – 22 November 2021: Henning van Aswegen

“Die agente word intensief opgelei in klandestiene kommunikasiemetodiek (kanale) en maniere om kontak te maak, sonder dat die teenspioenasiediens van die gasheerland agterkom waarmee hulle besig is. Spioenasie is in baie lande met die dood strafbaar; daarom is spioene en hul hanteerders uiters versigtig hoe hulle te werk gaan.” – Henning van Aswegen (Spioenmeesters: Vriende, […]

Aanhaling van die week – 15 November 2021: Corneels Schabort

“Wanneer sonkrag vir ’n groter gemeenskap as ’n enkelhuishouding beplan word, moet die kragverbruik fyn uitgewerk word om te bepaal presies hoeveel krag op watter tyd van die dag verbruik word. Om sonpanele te hê, beteken nie jy gaan altyd krag hê nie. Sonlig fluktueer te veel.” Corneels Schabort, senior lektor, Noordwes Universiteit (“Orania beraam […]

Aanhaling van die week – 8 November 2021: Ziets Fourie

“Ek het die wa en alles gebou soos wat sy nou staan. Ek het aanvanklik ’n loop van hout gehad wat ek self gemaak het. Daarna het die Kanonniersvereniging ’n loop gehad wat geskenk is om die kanon klaar te maak. Die agterkant van die loop is ’n presiese replika van die ou Grietjie en […]