Hoewel daar al baie geskryf is oor die blokhuisstrategie van die Anglo-Boereoorlog, is die Brits-gebore skrywer en militêre historikus Simon C. Green se boek, Anglo-Boer War blockhouses: A military engineer’s perspective, die mees omvattende werk nóg oor dié militêre verskynsel. Dié boek is onlangs vrygestel deur Porcupine Press en nou beskikbaar by Kraal Uitgewers. Green […]
Tag Archives: ABO
Op 19 Januarie 1901 sterf die vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal nadat hy tien dae tevore (op 9 Januarie 1901) dodelik gewond is deur genl. Stoffel Froneman. Morgendaal was voor die Anglo-Boereoorlog ’n vooraanstaande persoon in die Kroonstad-omgewing, maar het teen die middel van 1900 die wapen neergelê en die eed van getrouheid aan Brittanje afgelê. […]
Op 18 Januarie 1902 word die 23-jarige kmdt. Gideon Scheepers tydens die Anglo-Boereoorlog op Graaff-Reinet deur ’n vuurpeloton tereggestel. Hy is op ’n stoel vasgebind en geblinddoek vir die teregstelling. Genl. Christiaan de Wet het reeds vroeg in die oorlog Scheepers se leierseienskappe raakgesien, hom bevorder en oor 30 verkenners aangestel. Dagboekinskrywings wat Scheepers gemaak […]
Op 14 Januarie 1917 sterf genl. Ben Viljoen in die ouderdom van 48 jaar in La Mesa, New Mexico. Viljoen is in 1868 in die Oos-Kaap gebore en verhuis in 1889 as jonggetroude na Krugersdorp waar hy na vore tree as joernalis, politikus en veldkornet. In 1899 word hy as lid tot die Tweede Volksraad […]
In een van die opspraakwekkendste ontsnappings van Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, ontsnap Willie Steyn en vier vriende (Piet Botha, Ernst Hausner en die broers Louw en George Steytler) op Sondag 13 Januarie 1901 van die “Catalonia” waar die skip in die hawe gelê het. Hulle duik laatnag in die seewater in die hawe van Colombo, […]