soes, het gesoes; byv. en byw. soesende, soesend. (verouderd) (Ndl.) 1. Dut of sluimer: Op die stoep sit ’n soesende oubaas op ’n stoel. soeserig b.nw., soeserige. (Ndl. soezerig) 1. Lomerig of half bedwelm deur die slaap: Hoeveel nagte het ek daar in my bed my opstand lê en lug. Hy, dikwels soeserig van die […]
Tag Archives: Afrikaans
slink ww., het geslink. (verhewe; verouderd) (Afkomstig van die Nederlandse woord “slinken”) In hoeveelheid, omvang of krag afneem: Slinkende moreel, voorraad, welvaart. ’n Slinkende gemeente, groep. Hoewel my voorraad stuksgewyse slink / wil ek graag tot die ontbindingstyd ‘n paar / versorgde grafsteentjies wat kwyl en blink / in my hoefvormige bros kaak bewaar (Elizabeth […]
sloerie s.nw., sloeries (geselstaal) 1. Slordige persoon, dikwels ’n vrou: • “Die voormalige Kiwi-kolwer het in sy ope brief aan die Suid-Afrikaanse kaptein, A.B. de Villiers, gesê hy lyk soos ‘n sloerie met sy stoppelbaard.” (Volksblad, 28 Februarie 2015, 23). • “Jy … moet altyd netjies en keurig aangetrek wees – nie soos ’n sloerie […]
sliert s.nw., slierte; sliertjie 1. (t.o.v. hare) Langerige stringetjie: ’n Sliert gitswart hare het in haar een mondhoek vasgesit (Beeld, 18 Augustus 2009, 1). Haar ligrooi hare hang in slierte oor haar voorhoof en wange (Jochem van Bruggen: Sluis,1957, 9). 2. Langerige strook: ’n Sliert lig, slym. Slierte goiingsak, gras, reën, rook, sleepmis, ysreën, warm […]
slier (ongewoon) i. ww., het geslier. Slepend, glyend of slingerend beweeg: Haar rok slier oor die vloer. ≈ Paddas sug diep in hulle waterpoele; paddavissies slier oor die modderige oppervlak (Dolf van Niekerk, Gannavlei, s.j., bl. 142) ii. s.nw., sliere. Lang, skraal persoon: Jy kan nie vir Piet miskyk in ’n skare mense nie, want […]
- 1
- 2