nostalgie s.nw. Heimwee; (terug)verlange Oorsprong: Grieks nostos terugkeer na tuiste + algos pyn (of ouer betekenis: pynlike tuiskoms) (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; PharosAanlyn)
Tag Archives: Afrikaans
Iemand se hart trek met ’n punt na iets/iemand. Iemand verlang baie. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Uitspraak van nog plekname: Graafwater sê: Gra’water Hotazel sê: Hôt-az-hêl Malalane sê: Mal-le-laan Nieuwoudtville sê: Nieut-wil Pniël sê: Pi-niel (of: Pien-jel, soos die plaaslike inwoners dit sê)
onteiening s.nw. Ontneming (teen vergoeding) van eiendomsreg. (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)
Op vaste grond staan. Seker wees van jou saak. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)