Tag Archives: Afrikaans

Woord van die week – 29 November 2021: Variantland

variant s.nw. Organisme wat deur verskil in eienskappe sterk afwyk van die gemiddelde tipe. variantland s.nw. Land waarin ’n gevaarlike variant van ’n virus in omloop is. Oorsprong: Latyn variare verander (BRONNE: PharosAanlyn: Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe en Woordeboek van Afrikaans Vandag)  

Die Taaltrommel 29 November 2021: Plekname

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Met die langpad wat wink, is die uitspraak van sekere plekname belangrik: Caledon           sê: Kallie-don Clocolan          sê: Klo-koe-laan Elgin                sê: El-ghin Karatara          sê: Ki-rá-ti-rá (BRON: afrikaans.com)  

Die Taaltrommel 22 November 2021: Verwarrende woorde: geestelik en geestig

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Verwarrende woorde: geestelik en geestig geestelik b.nw. en bw. (Engels: spiritual; mental; religious; devotional, etc.) 1 Van, eie aan, in, uit, betreffende die gees van die mens 2 Bedeel met ’n gees 3 Godsdienstig, gewyd, stigtelik 4 Kerklik geestig b.nw. en bw. (Engels: witty, […]

Woord van die week – 22 November 2021: Klandestien

klandestien b.nw. en bw. Heimlik, verbode; iets wat in die geheim, dikwels onwettig of ongeoorloof, gedoen word (byvoorbeeld klandestiene verkoop van drank, diamante; ’n klandestiene ontmoeting met iemand). Oorsprong: Frans clandestin; Latyn clandestinus: geheim. (BRONNE: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)