So duister soos die graf. Baie duister; geheimsinnig. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
Tag Archives: Afrikaans
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Nog ’n paar voorbeelde van woorde wat gerus met die volgende “gespierde” Afrikaanse woorde vervang kan word: resente onlangse retrospektief terugskouend siteer aanhaal stabiel bestendig suspisie vermoede (BRON: “Gespierde Afrikaans”, LitNet, 2021-11-15)
sonkragplaas (ook verkorte vorm: sonplaas) s.nw. Groot area waar elektrisiteit opgewek word deur sonpanele. (BRONNE: PharosAanlyn/Woordeboek van Afrikaans Vandag)
Laat die son nie ondergaan oor jou boosheid nie. As jy met iemand rusie maak, moet jy vóór sononder weer vrede maak. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Sommige woorde lyk amper dieselfde, maar het nie dieselfde betekenis nie. Wat is die verskil tussen ’n “eetmaal” en ’n “etmaal”? eetmaal s.nw.: deftige maal; feesmaal: Besoekers op ’n eetmaal onthaal. etmaal s.nw.: tydperk van 24 uur: Neem twee tablette […]