In Suid-Afrikaanse heldegalery word Onze Jan soos volg beskryf: “Vanaf 1878 tot 1909 het hy vir die Afrikanergroep in Kaapland meer dan enige ander leier die rigting aangewys. Hy was partyleier by uitnemendheid … As joernalis en koeranteienaar het hy sy weg reeds op betreklik jeugdige ouderdom gebaan tot ’n selfstandige posisie in die samelewing […]
Tag Archives: Afrikaans
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Gebruik gespierde Afrikaans en vermy taal-verpestings soos die volgende: huidiglik – gebruik: deesdae, nou, tans, soos sake nou staan, teenswoordig, hedendaags of op die oomblik (BRONNE: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe; Skryf Afrikaans van A tot Z: Die […]
Baie honde is ’n haas se dood Deur samewerking kan ’n mens baie dinge verrig. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
koalisie s.nw. saamwerking, vereniging, saamsmelting; verbond tussen twee of meer partye/moondhede teen ’n gemeenskaplike teenstander/vyand. Oorsprong: Latyn co saam + alescere groei (BRONNE: PharosAanlyn; HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe)
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Met die landwye munisipale verkiesing om die draai, is dit seker gepas om na “politieke koekies” uit Suid-Afrika se koserfenis te verwys: Hertzog-koekies, Jan Smuts-koekies en Tweegevreetjies. Hertzog-koekies (hertzoggies): ’n tertdoppie met ’n vulsel van appelkooskonfyt en ’n bolaag van […]