Tag Archives: Afrikaanse kultuuralmanak

26 November 1931 – Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo sterf

Op 26 November 1931 sterf die Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo (Rooi Magiel) ná hy deur ’n geestelik-gekrenkte aangeval is. Oor hom het genl. Christiaan de Wet eens gesê: “Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag.” Prinsloo, die jonger broer van genl. Marthinus Prinsloo, is op […]

14 September 1862 – Jacobus du Toit deur Transvaalse burgers geskiet en gewond

Vandag 152 jaar gelede, op Sondag 14 September 1862, word Jacobus du Toit, seun van Pretoria se eerste magistraat, Andries du Toit, deur Transvaalse burgers geskiet en gewond. Dié voorval het plaasgevind in ’n tyd van onenigheid in die ZAR, waar Stephanus Schoeman na bewering ’n faksie teen die toenmalige president, M.W. Pretorius, gelei het. Ten […]

1 September 1900 – Lord Roberts proklameer Brittanje se anneksasie van ZAR

Vandag 120 jaar gelede, op 1 September 1900, reik lord Roberts ’n proklamasie uit waarmee die ZAR deur Brittanje geannekseer word. Pretoria, die hoofstad van die ZAR, is reeds op 5 Junie daardie jaar ingeneem en die Britte was van mening dat die republikeinse magte hulle daarna aan Britse magte sou onderwerp – dit het […]

25 Augustus 1840 – Elizabeth Jane Dijkman gebore

Op 25 Augustus 1840 – vandag 180 jaar gelede – is Elizabeth Jane Dijkman (gebore Eckley) in Londen gebore. Elkeen wat die wonders van Suid-Afrikaanse kookkuns waardeer, kan gerus vandag ’n glasie klink, of ’n dis optower ter ere aan Elizabeth.  Ná haar huwelik met die sendeling Hendrik Dijkman het Elizabeth verafrikaans. Die egpaar het […]

21 Julie 1812 – Louw Wepener op Graaf-Reinet gebore

Op 21 Julie 1812, vandag 208 jaar gelede, is Louw Wepener op Graaf-Reinet gebore. Wepener word as ’n volksheld beskou vir sy aandeel in die Tweede Basoetoe-oorlog tydens die Slag by Thaba Bosiu in 1865. Hy het op 15 Augustus 1865 tydens dié slag gesterf. In die “Afrikaanse kultuuralmanak” word Wepener se optrede tydens dié […]