Tag Archives: Afrikanerrebellie

26 Januarie 1914 – Weerstand van Rebellemagte verkrummel

Teen 26 Januarie 1914 het die weerstand van die Rebellemagte so te sê geheel en al verkrummel. Twee dae vantevore (24 Januarie 1914) het die rebelleleier genl. Manie Maritz aan genl. Jaap van Deventer van die Unieverdedigingsmagte geskryf en erken dat hy self reken dat die tyd ryp geword het om ’n einde aan die […]

12 Januarie 1915 – Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig

Op 12 Januarie 1915 word ’n Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig. Hieroor skryf Marthinus van Bart in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 soos volg: “Ook in die suidelike distrikte van Transvaal rondom Lichtenburg, setel van wyle generaal Koos de la Rey, is aansienlike skade deur die Rebellie veroorsaak, en ook daar is groot eise teen Rebelle ingestel. Op […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 19 November 1914

Teen 19 November 1914 draai die gety nog sterker teen Christiaan de Wet en sy Rebelle se pogings om die Unieverdedigingsmagte gedurende die 1914-Rebellie te vermy. Die historikus dr. Jackie Grobler skryf soos volg oor dié dag in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “De Wet bevind hom by die samevloeiing van die Vet- en Sandrivier. Hy besef […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 November 1914

Op 12 November 1914, vandag 106 jaar gelede, vind gevegte tussen Afrikanerrebelle onder leiding van Christiaan de Wet en die Unieverdedigingsmagte (UVM) by Hoenderkop en Mushroom Valley (ongeveer 50 km suidoos van Winburg en 100 km noordoos van Bloemfontein) plaas. Die historikus André Wessels skryf hieroor in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “Die swak gewapende (en aanvanklik […]

10 November 1917 – Helpmekaardag gehou

Op 10 November 1917 is Helpmekaardag gehou. Die plundering van winkels en privaat eiendom tydens die Rebellie van 1914 was nie ongehoord nie en na afloop daarvan het eise teen die Rebelle ingestroom. Boonop is Rebelle ook stywe boetes opgelê. Die gesamentlike boetes en eise teen Rebelle het ongeveeg £400 000 beloop. Rebelle is egter […]