Tag Archives: Albert Blake

19 Januarie 1901 – vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal sterf

Op 19 Januarie 1901 sterf die vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal nadat hy tien dae tevore (op 9 Januarie 1901) dodelik gewond is deur genl. Stoffel Froneman. Morgendaal was voor die Anglo-Boereoorlog ’n vooraanstaande persoon in die Kroonstad-omgewing, maar het teen die middel van 1900 die wapen neergelê en die eed van getrouheid aan Brittanje afgelê. […]

13 Januarie 1901 – Die vyf swemmers ontsnap

In een van die opspraakwekkendste ontsnappings van Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, ontsnap Willie Steyn en vier vriende (Piet Botha, Ernst Hausner en die broers Louw en George Steytler) op Sondag 13 Januarie 1901 van die “Catalonia” waar die skip in die hawe gelê het. Hulle duik laatnag in die seewater in die hawe van Colombo, […]

Die lot van Kaapse rebelle

Hans Lötter, sy adjudant, Petrus Wolfaardt, en ’n groep Kaapse rebelle. Lötter en Wolfaardt is onder meer aan hoogverraad, moord en roof skuldig bevind en voor ’n vuurpeloton tereggestel. (GKSA-argief, Morné van Rooyen)

Ilze Nieuwoudt Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het nie net die lewe van die burgers in die Boererepublieke verander nie, maar ook sy tentakels tot in die Suid-Afrikaanse Britse kolonies laat strek. Hoewel die Boere in die republieke gehoop het op ’n grootskaalse opstand deur hul ondersteuners in die Kaap en Natal, het dit nie gebeur nie. […]

12 Julie 1900 – Vrystaatse Appèlhof bekragtig vonnis teen kommandant Stephanus Vilonel

Op 12 Julie 1900, vandag 120 jaar gelede, bekragtig die Vrystaatse Appèlhof op Fouriesburg, die uitspraak en vonnis wat in die spesiale militêre geregshof teen die voormalige kommandant Stephanus (Fanie) Vilonel gelewer is. Vilonel, ’n prokureur van Senekal, is kort na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog tot kommandant verkies en het aan verskeie veldslae deelgeneem. […]

25 Maart 1943 – Ossewabrandwag hoofgeneraal stef

Op 25 Maart 1943 sterf die “eerste Afrikaanse megasportster” en latere hoofgeneraal van die Ossewabrandwag (OB), Johannes van der Walt. Van der Walt het op 23-jarige ouderdom begin stoei en in die 1930’s wêreldbekendheid in dié sport verwerf. Volgens die skrywer van “Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare”, Albert Blake, het stoeigevegte waaraan Van der […]