Tag Archives: Amsterdam

16 Julie 1906 – Finansiële genie van Kimberley Alfred Beit sterf

Op 16 Julie 1906 sterf die man wat beskryf is as die finansiële genie van Kimberley, Alfred Beit, op die ouderdom van 53 jaar in Londen. Beit was onder meer die medestigter van die De Beers-diamantmaatskappy. Beit is in 1853 in Hamburg gebore en voor sy emigrasie na Suid-Afrika, was hy reeds van 18-jarige ouderdom […]

27 Junie 1791 – Eienaar van eerste boekwinkel in SA gebore

Op 27 Junie 1791 word ’n man van vele eerstes in die Suid-Afrikaanse boeke- en leeswêreld gebore. Joseph Suasso de Lima, skrywer, digter en die eienaar van die eerste boekwinkel in Suid-Afrika, is op dié dag 229 jaar gelede, in Amsterdam, Nederland, gebore. Sy boekwinkel, Foreign Book & Stationary Warehouse, ook genoem South African Bazaar […]

26 Februarie 1915 – Digter Elisabeth Eybers gebore

Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is vandag 105 jaar gelede, op 26 Februarie 1915, in Klerksdorp gebore, maar het op Schweizer-Reneke grootgeword. Sy het ná skool aan die Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg studeer en behaal in 1936 haar honneursgraad in Afrikaans waarna sy as joernalis werksaam was. In 1943 […]