Tag Archives: Andre Wessels

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 November 1914

Op 12 November 1914, vandag 106 jaar gelede, vind gevegte tussen Afrikanerrebelle onder leiding van Christiaan de Wet en die Unieverdedigingsmagte (UVM) by Hoenderkop en Mushroom Valley (ongeveer 50 km suidoos van Winburg en 100 km noordoos van Bloemfontein) plaas. Die historikus André Wessels skryf hieroor in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “Die swak gewapende (en aanvanklik […]

Skrywersaanhaling van die week – 2 November 2020: Dan Sleigh, Koos Kombuis, Andre Wessels

“Ek weet hoe geskiedenis op skool doodgemaak word. Ons kyk ons vas teen ons vooroordele en onkunde en ons weet nie watter skatte in argiewe opgesluit lê nie.” Dan Sleigh (3 November 1938 – ), veelbekroonde skrywer; historikus; gesaghebbende kenner van die vroeë Kaapse geskiedenis en van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC); digter; navorser; versamelaar […]

Barend Celliers – een dood, twee keer onskuldig

Kmdt. Barend Celliers

Deur Ilze Nieuwoudt Aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is uitvoerige vredesonderhandelinge gevoer. Amnestiebepalings is ooreengekom en vrede is op 31 Mei gesluit. Terwyl sommige verbitterd gelaat is deur die republieke se verlies aan onafhanklikheid, het ander ’n sug van verligting geslaak – want die bittere oorlog het oplaas tot ’n einde gekom. […]

12 Julie 1900 – Vrystaatse Appèlhof bekragtig vonnis teen kommandant Stephanus Vilonel

Op 12 Julie 1900, vandag 120 jaar gelede, bekragtig die Vrystaatse Appèlhof op Fouriesburg, die uitspraak en vonnis wat in die spesiale militêre geregshof teen die voormalige kommandant Stephanus (Fanie) Vilonel gelewer is. Vilonel, ’n prokureur van Senekal, is kort na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog tot kommandant verkies en het aan verskeie veldslae deelgeneem. […]