Tag Archives: Andries Breytenbach

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]

Net toe die Britte dink die oorlog is verby 

Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die ZAR het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. […]

1 September 1900 – Lord Roberts proklameer Brittanje se anneksasie van ZAR

Vandag 120 jaar gelede, op 1 September 1900, reik lord Roberts ’n proklamasie uit waarmee die ZAR deur Brittanje geannekseer word. Pretoria, die hoofstad van die ZAR, is reeds op 5 Junie daardie jaar ingeneem en die Britte was van mening dat die republikeinse magte hulle daarna aan Britse magte sou onderwerp – dit het […]

Historiese foto – Genl. C.F. Beyers

Genl. C.F. Beyers het as jong en onbekende assistentveldkornet van Boksburg by die krygsraad wat in Junie 1900 by Vandermerwe-stasie gehou is, sy stem laat hoor teen sommige offisiere se lafhartigheid. Lees meer oor Beyers en die gebeure wat in Junie 1900 in Pretoria afgespeel het in Andries Breytenbach se nuwe boek Donkerhoek, 11-12 Junie […]

Die Taaltrommel – 6 Julie 2020

Ons kyk in die trommel en ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Wat beteken “in die pan hak”? afmaai, doodmaak, uitdelg, vernietig (Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe) “In die verslag het De la Rey daarop aangedring dat Grobler aan hom soveel bystand en ondersteuning gee […]