Tag Archives: Anglo-Boereoorlog

Die Slag van Belmont op 23 November 1899

(Uit: Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Pieter de Jager, Kraal Uitgewers, bl. 20-21. Klik hier om dié boek te bestel.) Die Boerestellings by Belmont was in die rantjies wat weerskante feitlik parallel met die spoorlyn loop en deur ’n vlakte geskei was. Die rantjies is beset om die Boere se hoofinstelling op […]

7 November 2020 – Slag van Leliefontein

Op 7 November 1900, vandag 120 jaar gelede, vind die Slag van Leliefontein (ook bekend as die Slag van Witkloof) gedurende die Anglo-Boereoorlog plaas. Die slag wat suidoos van Belfast plaasgevind het, het ’n klein kommando onder leiding van genl. Joachim Christoffel Fourie teenoor ’n mag van nagenoeg 1 400 soldate onder genl.maj. Smith-Dorrien te […]

27 Oktober 1926 – Emily Hobhouse roudiens gehou

Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]

23 Oktober 1900 – Bothaville verwoes tydens ABO

Op 23 Oktober 1900, vandag 120 jaar gelede, is die Vrystaatse dorp Bothaville gedurende die Anglo-Boereoorlog deur Britse magte verwoes. Minstens 48 huise is in puin gelê, terwyl die kerk en enkele openbare geboue gespaar is. Die historikus Fransjohan Pretorius skryf hieroor in die boek Verskroeide aarde: “In Oktober 1900 het lt.genl. A. Hunter die […]

20 Oktober 1899 – Slag van Talana

Op 20 Oktober 1899, vandag 121 jaar gelede, vind die Slag van Talana in die Anglo-Boereoorlog plaas. Dié veldslag was die eerste groot slag van die oorlog en het op Talana- en Lennoxkoppies buite Dundee in Natal plaasgevind. Boerekommando’s onder leiding van genls. Lucas Meyer, D.J.E. (Maroela) Erasmus en J.H.M. Kock het met die Britse […]