Tag Archives: Apartheid

29 Oktober 1998 – WVK verklaar apartheid as misdaad teen die mensdom

Op 29 Oktober 1998 verklaar die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) in ’n verslag dat apartheid as ’n misdaad teen die mensdom geag word. In sy boek Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu ondersoek die gerekende historikus en joernalis dr. Leopold Scholtz onder meer waarom die Afrikaner ’n keuse vir apartheid geneem het in die 20ste […]

28 Julie 1990 – Hallmark-bom ontlont

Op 28 Julie 1990, vandag 30 jaar gelede, word die polisie ingelig van ’n verdagte minibus in ’n parkeerterrein in die Hallmark-gebou in Vermeulenstraat, Pretoria, en ontdek dat die bussie ’n motorbom bevat. Die bom word suksesvol ontlont deur die ’n spesialis van die Suid-Afrikaanse bomeenheid, George Francois Hammond*. Die Suid-Afrikaanse Polisie se goue kruis […]

9 Julie 1991 – SA mag weer aan Olimpiese spele deel neem

Op 9 Julie 1991 is Suid-Afrika deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) toegelaat om weer aan dié gesogte spele deel te neem. Suid-Afrika is in 1970 amptelik uit die IOK geskors weens die land se apartheidsbeleid. In ’n berig wat op 10 Julie 1991 in The New York Times oor Suid-Afrika se hertoetrede toe die […]