Tag Archives: Artillerie

Die Long Tom – ’n bielie van ’n kanon!

Een van die ZAR se Long Toms in die NZASM-werkplaas in Pretoria, gereed om weer na die gevegsfront geneem te word. Bron: Het Geheugen

Deur Ilze Nieuwoudt  ’n Bielie van ’n kanon met ’n loop van oor die vier meter het gedurende die Anglo-Boereoorlog die Britte laat sidder en behoorlik op hul neuse laat kyk. Die Long Tom, soos hierdie 155 mm-Creusot-kanonne bekendgestaan het, het sy plek dubbel en dwars in die geskiedenisboeke oor dié oorlog verdien. Die Long […]

Propvol ABO-studiedag op 8 Junie 2019: Ontdek die man agter “Skote Petoors”

Die bekende uitroep “Skote Petoors” het generasies lank reeds plek in die volksmond gekry. Tog is die verhaal van die ware Pretorius een wat in die vergetelheid geraak het. Volgens oorlewering het die 28-jarige Pretorianer Johannes Lodewicus (Lood) Pretorius met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 as hoof van die Derde Battery […]