Tag Archives: ATKV/LitNet-skrywersalbum

Skrywersaanhaling van die week – 16 Maart 2020

“Daar is geen definisie van genade nie, maar vir my is genade die wieletjies wat jy kry as jy voel nou kan ek nie meer loop nie. Die Here sit daardie wieletjies onder jou voete – en dan loop jy weer. Dit is genade.” – Alberta Magdalena (Alba) Bouwer (16 Maart 1920-5 Oktober 2010), bekroonde […]

Skrywersaanhaling van die week – 2 Maart 2020

“Verdwyn Afrikaans as taal van hoëronderwys sal dit mettertyd ook uit laeronderwys verdwyn en sal die literatuur wat daarin geskryf word langsamerhand kwyn totdat dit saam met die taal ten dode opgeskryf sal staan. Intussen kan ek nie anders as om in Afrikaans te leef en te dig nie, en sal ek soos Breyten ’n […]

Skrywersaanhalings van die week – 24 Februarie 2020

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” Elisabeth Françoise Eybers (26 Februarie 1915 -1 Desember 2007), veelbekroonde Afrikaanse digter en deel van die Dertigers. Sy het ook in Engels, Nederlands en Duits gedig, en later jare in Nederland […]

Skrywersaanhaling van die week – 17 Februarie 2020

“Een lewe is te kort; die tyd is te min. Daar is nog baie werk voor.” – Rudolf Johannes (Dolf) van Niekerk (22 Februarie 1929 – ), Afrikaanse skrywer, digter, dramaturg, radio-omroeper; deel van die Sestiger-beweging. (Bron: ATKV/LitNet-skrywersalbum, 2019-03-28) “Die toekoms van die Afrikaanse boek hang in die eerste plek daarvan af of daar voortdurend […]

Skrywersaanhaling van die week – 10 Februarie 2020

“Ek meen mense het ’n hunkering om terug te keer na hul geboortegrond. Dis nie ’n tipiese Afrikaanse of Suid-Afrikaanse ding nie. In Europa is daar ’n reaksie téén globalisasie. Mense neig om terug te trek na die plek wat hulle ken. Dit is een van die redes waarom streekliteratuur wêreldwyd aan die opbloei is.” […]