Tag Archives: Beyers

Rebellie van 1914 – Dagboek: 26 Oktober 1914

Teen 26 Oktober 1914 is dit duidelik dat talle Afrikaners hul steun aan ’n Rebellie teen die Unieregering gee. Jopie Fourie en sy broer, Johannes Fourie, het byvoorbeeld net die vorige dag (25 Oktober 1914) by die rebelle aangesluit, terwyl nog ’n groep rebelle beheer oor die dorp Koppies geneem het. Op 26 Oktober 1914 […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 Oktober 1914

Op 9 Oktober 1914, vandag 106 jaar gelede, gaan Manie Maritz (wat skaars ’n week tevore nog gedreig het dat hy eerder uit die Unieverdedigingsmag sal bedank as om Duitswes-Afrika in te val) met sowat 600 man by hom by Van Rooyensvlei, wes van Upington, oor tot ’n Rebellie teen die regering. Maritz het die […]

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]