etimologie s.nw. Geskiedenis van ‘n woord met aanduiding van sy oorsprong en ontwikkeling in vorm en betekenis; woordafleiding. Oorsprong: Bisantyns-Grieks: etumologie, saamgestel uit etumon: “wortel van ‘n woord” en logos: “woord, verhandeling”. Vergelyk Grieks etumotès: “woordafleiding”. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)