Tag Archives: Bloemfontein

11 Januarie 1887 – F.W. Reitz verkies as vyfde OVS president

Op 11 Januarie 1887, vandag 134 jaar gelede, is F.W. Reitz verkies as die vyfde president van die Oranje-Vrystaat. Volgens ’n studie deur S.M. Botes oor die Vrystaatse hoofstad gedurende die Reitz-tydperk (1887-1895), het Bloemfontein gedurende Reitz se tyd as president vinnig ontwikkel. “Teen die einde van die Reitz-tydperk was Bloemfontein ’n vooruitstrewende dorp met […]

18 Desember 1929 – FAK vier 91ste verjaarsdag

Die FAK vier vandag sy 91ste verjaardag. Dié organisasie is op 18 Desember 1929 in Bloemfontein gestig en dr. N.J. van der Merwe is as die eerste voorsitter (sittende in die middel) aangewys. Hier verskyn die eerste uitvoerende komitee van die FAK. Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal van Suid-Afrika, naas Engels, in 1925 […]

17 Desember 1890 – Spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein oopgestel

Vandag 130 jaar gelede, op 17 Desember 1890, word die spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein vir die eerste keer oopgestel. Hieroor skryf prof. M.J. Swart in die Afrikaanse Kultuuralmanak: “’n Roete oor die Vrystaatse gebied het natuurlik vir mede-Afrikaners voordeel ingehou, maar was nog altyd ’n Brits-Kaapse spoorlyn. In 1887 het [Paul] Kruger en pres. […]

28 November 1916 – Pres. M.T. Steyn sterf

Op 28 November 1916 – vandag 104 jaar gelede – sterf die laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn in die ouderdom van 59 jaar. Gedeeltes van Steyn se laaste toespraak wat die oggend van sy dood nog aan kongresgangers van die Oranje-Vrouevereniging in Bloemfontein gelewer is, is in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ingesluit (en hier […]

26 November 1931 – Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo sterf

Op 26 November 1931 sterf die Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo (Rooi Magiel) ná hy deur ’n geestelik-gekrenkte aangeval is. Oor hom het genl. Christiaan de Wet eens gesê: “Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag.” Prinsloo, die jonger broer van genl. Marthinus Prinsloo, is op […]