Tag Archives: Bloemfontein

17 Desember 1890 – Spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein oopgestel

Vandag 130 jaar gelede, op 17 Desember 1890, word die spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein vir die eerste keer oopgestel. Hieroor skryf prof. M.J. Swart in die Afrikaanse Kultuuralmanak: “’n Roete oor die Vrystaatse gebied het natuurlik vir mede-Afrikaners voordeel ingehou, maar was nog altyd ’n Brits-Kaapse spoorlyn. In 1887 het [Paul] Kruger en pres. […]

28 November 1916 – Pres. M.T. Steyn sterf

Op 28 November 1916 – vanjaar 105 jaar gelede – sterf die laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn in die ouderdom van 59 jaar. Gedeeltes van Steyn se laaste toespraak wat die oggend van sy dood nog aan kongresgangers van die Oranje-Vrouevereniging in Bloemfontein gelewer is, is in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ingesluit (en hier […]

26 November 1931 – Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo sterf

Op 26 November 1931 sterf die Boereoorloggeneraal A.M. Prinsloo (Rooi Magiel) ná hy deur ’n geestelik-gekrenkte aangeval is. Oor hom het genl. Christiaan de Wet eens gesê: “Gee my honderd burgers soos Rooi Michael Prinsloo van Bethlehem en ek sal die Engelse uit Engeland jaag.” Prinsloo, die jonger broer van genl. Marthinus Prinsloo, is op […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 November 1914

Op 12 November 1914, vandag 106 jaar gelede, vind gevegte tussen Afrikanerrebelle onder leiding van Christiaan de Wet en die Unieverdedigingsmagte (UVM) by Hoenderkop en Mushroom Valley (ongeveer 50 km suidoos van Winburg en 100 km noordoos van Bloemfontein) plaas. Die historikus André Wessels skryf hieroor in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “Die swak gewapende (en aanvanklik […]

27 Oktober 1926 – Emily Hobhouse roudiens gehou

Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]