Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]
Tag Archives: Bloemfontein
Op 8 Oktober 1841 keur die Volksraad in Pietermaritzburg die stigting van ’n dorp op Jacobus de Beer se plaas “Waaifontein” (ook geskryf “Waayfontein”) goed. Die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter het reeds enkele jare tevore (in 1836) die gebied tussen die Vet- en Vaalrivier van hoofman Makwana van die Bataung aangekoop. Kort voor lank het nog […]
Op 22 September 1900, vandag 120 jaar gelede, word die oprigting van die eerste twee sogenaamde vlugtelingkampe van die Anglo-Boereoorlog in Pretoria en Bloemfontein aangekondig. Dié regeringsaankondiging is in die Gazette gepubliseer deur generaal-majoor J.G. Maxwell, militêre bevelvoerder in die Transvaal-kolonie, en het bekend gemaak dat “camps for burghers who voluntarily surrender are being formed”. […]
Op 29 Augustus 1848, vandag 172 jaar gelede, vind die Slag van Boomplaats (tussen Trompsburg, Jagersfontein en Edenburg) tussen die Voortrekkers (onder leiding van Andries Pretorius) en die Britse magte (onder leiding van sir Harry Smith) plaas. Dié slag volg ná die Britte se anneksasie van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die […]
Op 26 Augustus 1933, vandag 87 jaar gelede, word die amptelike bekendstelling van die eerste volledige vertaling van die Afrikaanse Bybel in elke uithoek van Suid-Afrika gevier, met die feesvieringe in Bloemfontein as die hoogtepunt daarvan. Ds. S.J. du Toit het in 1884 formeel met die vertaling van die Bybel begin en teen 1920 verskyn […]