Tag Archives: Bloemfontein

Historiese foto – Nasionale Vrouemonument

Die vrouebeeldegroep aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Dit is die toneel wat Emily Hobhouse by die Springfontein-konsentrasiekamp gesien het waar ’n vrou met ’n sterwende kind op haar skoot gesit het en niks kon doen om die kind se lewe te red nie. Die beeldhouer Anton van Wouw het bykans twee […]

22 Mei 1893 – Standbeeld van Pres. Brand onthul

Op 22 Mei 1893 is die standbeeld van die voormalige Vrystaatse pres. J.H. (Jan) Brand (1823-1888) deur die toenmalige president, F.W. Reitz, in Maitlandstraat, Bloemfontein, onthul. Dié standbeeld, deur die Nederlandse beeldhouer Jan Willem Best, staan vandag steeds daar – voor die hedendaagse Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). In die “Afrikaanse heldegalery” word […]

23 Maart 1846 – Eerste amptelike verwysing na Bloemfontein

Op 23 Maart 1846 verskyn die eerste amptelike verwysing na die plek “Bloemfontein” in ’n brief wat majoor Henry Douglas Warden aan die goewerneur in die Kaap skryf. Warden is aangestel om ’n Britse residensie in die Transoranje-gebied tot stand te bring en op 23 Maart kom hy op ’n geskikte plek af – ’n […]

Jongste boek van bekroonde skrywer herbevestig oproep om Afrikaans te beskerm en bevorder

Ter viering van Afrikaanse Taaldag sal die bekroonde Bloemfonteinse skrywer J.C. Steyn se nuutste boek Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans op 14 Augustus vanjaar by NALN bekendgestel word. Afrikaanse Taaldag word jaarliks gevier om die stigting te herdenk van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 – […]