Tag Archives: boere oorlog

18 Januarie 1902 – Kmdt. Gideon Scheepers tereggestel

Op 18 Januarie 1902 word die 23-jarige kmdt. Gideon Scheepers tydens die Anglo-Boereoorlog op Graaff-Reinet deur ’n vuurpeloton tereggestel. Hy is op ’n stoel vasgebind en geblinddoek vir die teregstelling. Genl. Christiaan de Wet het reeds vroeg in die oorlog Scheepers se leierseienskappe raakgesien, hom bevorder en oor 30 verkenners aangestel. Dagboekinskrywings wat Scheepers gemaak […]

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]

29 Mei 1900 – ZAR president en staatsekretaris verlaat Pretoria

Teen die einde van Mei 1900 het sake benard gelyk vir die ZAR.Die Anglo-Boereoorlog was reeds sedert Oktober 1899 aan die gang, maar berigte het president Paul Kruger nou bereik dat ’n sterk vyandelike mag na Pretoria in opmars was. Hy het besef dat die Britse mag se aantog en inname van die ZAR se […]

Die bondgenote en dwarstrekkers van die Anglo-Boereoorlog

Genl. Piet Cronjé se oorgawe met nagenoeg 4 000 man by Paardeberg in Februarie 1900 het ’n groot uitwerking op die verhouding tussen die twee Boererepublieke gehad. Bron: Bondgenote en dwarstrekkers Deur Ilze Nieuwoudt  Veg of vrede? Voortveg of oorgawe? Bondgenote of dwarstrekkers? Die verhaal van die Anglo-Boereoorlog is nie so duidelik omlyn soos wat […]

Pretoria FM Klankkoerant: Dr. Jackie Grobler gesels oor die EVO

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en […]