Tag Archives: Boereoorlog

Die geveg by Wildfontein, die Britte en die dowe “Eenarm” Van Gass

Die dowe Boerekryger N.W. van Gass is ná die geveg by Wildfontein (24 Maart 1901) tydens die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal gevange geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy ná die geveg aanhou skiet het. Hy is deur die Britse krygshof onskuldig bevind op dié aanklag omdat hy nie kon hoor dat die geveg verby […]

Spioenvrou met murg in haar pype

Deur Ilze Nieuwoudt Danksy Hollywood, James Bond-verhale en ’n magdom spanningsvolle spioenasieverhale waarmee die mens gebombardeer word, is die begrip “spioen” ’n mistieke en benydenswaardige gedagte. Tog is die realiteit van spioenasie dikwels nie so glansryk nie. Wie sou kon raai dat ’n Boerevrou in haar vroeë 20’s, en haar ma as lede van ’n […]

Churchill en die “magtige Apies”

Deur Ilze Nieuwoudt Die ontsnappingsverhaal van die oorlogskorrespondent en latere Britse premier, Winston Churchill, bevat al die romantiek en aksie van ’n moderne Hollywood-rolprent. In die afgelope bykans 120 jaar sedert Churchill se aanhouding in die Staatsmodelskool in Pretoria gedurende die Anglo-Boereoorlog is dié verhaal vertel, oorvertel en aangedik. Die ontsnapping wat volgens die legendes […]

Wes-Transvaal – die hartklop van die Boereoorlogstryd

deur Ilze Nieuwoudt Sowat ’n dag nadat oorlog op 11 Oktober 1899 tussen die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) en die magtige Brittanje verklaar is, klap die eerste skote van ’n stryd wat uiteindelik meer as drie jaar sou neem om sy bittere einde te bereik. Teen omstreeks kwart voor elf die aand […]

Sewende (en laaste) boek in gewilde geskiedenisreeks binnekort beskikbaar

deur Ilze Nieuwoudt Wes-Transvalers was (en is waarskynlik steeds) bekend vir hulle hardkoppigheid en gehardheid. Dit is juis hierdie eienskap wat burgers van dié area tydens die Anglo-Boereoorlog hulle uitsonderlike uithouvermoë gegee het. In ’n nuwe boek wat binnekort by Kraal Uitgewers verskyn, kom die omvangryke krygsgeskiedenis van dié oorlog in die westelike streek van […]