Tag Archives: Boereoorlog

Wes-Transvaal – die hartklop van die Boereoorlogstryd

deur Ilze Nieuwoudt Sowat ’n dag nadat oorlog op 11 Oktober 1899 tussen die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) en die magtige Brittanje verklaar is, klap die eerste skote van ’n stryd wat uiteindelik meer as drie jaar sou neem om sy bittere einde te bereik. Teen omstreeks kwart voor elf die aand […]

Sewende (en laaste) boek in gewilde geskiedenisreeks binnekort beskikbaar

deur Ilze Nieuwoudt Wes-Transvalers was (en is waarskynlik steeds) bekend vir hulle hardkoppigheid en gehardheid. Dit is juis hierdie eienskap wat burgers van dié area tydens die Anglo-Boereoorlog hulle uitsonderlike uithouvermoë gegee het. In ’n nuwe boek wat binnekort by Kraal Uitgewers verskyn, kom die omvangryke krygsgeskiedenis van dié oorlog in die westelike streek van […]

Anglo-Boereoorlog: “Vergeet? Nooit solank ek leef nie.”

deur Ilze Nieuwoudt  Tydens die inwyding van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913, het die sogenaamde Leeu van die Wes-Transvaal, generaal Koos de la Rey, verklaar: “Ná die oorlog is gepraat van samewerking, vergeet en vergewe, kort nadat al die kwaad gepleeg is aan onskuldige vroue en kinders. Samewerking lê op die […]

Vandag in die verlede

Kraal Uitgewers bied aanlyn ’n volledige daaglikse dagboek van historiese gebeure. Klik hier en kry ’n daaglikse dosis geskiedenisnuus – én inligting oor gebeure van die Anglo-Boereoorlog soos wat dit dag vir dag ontvou het. Vandeesweek se prominentste ABO-gebeure was soos volg: 19 Oktober 1900: President Paul Kruger van die ZAR vertrek gedurende die Anglo-Boereoorlog […]

Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde

TIEN DAE VAN ERFENIS – DAG 7 : 21 SEPTEMBER Die oorloë en slagvelde van die verlede vertel van ons voorouers se opofferings, moed en durf. Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde. Drie vurige feite oor ons oorloë en veldslae Die bekende Long Tom-kanonne wat deur die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gebruik […]