Tag Archives: Boererepubliek

1 Desember 1880 – Burgers gesê om gereed te maak vir volksvergadering

Op 1 en 2 Desember 1880, vanjaar 140 jaar gelede, word boodskappe onder burgers van Transvaal versprei om hulself gereed te maak vir ’n volksvergadering by Paardekraal. Hulle is aangemoedig om voorbereid en gewapend na die vergadering te kom. Burgers wat nie op die oproep sou reageer nie, sou boonop as vyande van die stryd […]

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]