Op 19 Januarie 1901 sterf die vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal nadat hy tien dae tevore (op 9 Januarie 1901) dodelik gewond is deur genl. Stoffel Froneman. Morgendaal was voor die Anglo-Boereoorlog ’n vooraanstaande persoon in die Kroonstad-omgewing, maar het teen die middel van 1900 die wapen neergelê en die eed van getrouheid aan Brittanje afgelê. […]
Tag Archives: Boereverraaier
Op 12 Julie 1900, vandag 120 jaar gelede, bekragtig die Vrystaatse Appèlhof op Fouriesburg, die uitspraak en vonnis wat in die spesiale militêre geregshof teen die voormalige kommandant Stephanus (Fanie) Vilonel gelewer is. Vilonel, ’n prokureur van Senekal, is kort na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog tot kommandant verkies en het aan verskeie veldslae deelgeneem. […]