Tag Archives: bondel

Erwe van ons vaad’re-reeks: Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie!

Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899‑1902 is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde Die erwe van ons Vaad’re-reeks. Is daar dalk titels in dié reeks wat jy voorheen misgeloop het of nog bloot kortkom? Dan is dit nou die kans om jou stel van hierdie waardevolle geskiedenisreeks aan te vul. […]

Jou Kraal-liefdesgids: So maklik soos 1-2-3

Dit is Februarie en liefde is in die lug. Daar kruip dalk nie ’n Don Juan, Romeo of Juliet in jou weg nie. Daarom maak Kraal Uitgewers hierdie jaar seker dat die liefde so maklik soos 1-2-3 loop! Sê bloot: “Ek HOU van jou!” Jy hou reeds van daardie spesiale “iemand”, gaan hou (oftewel “like”) […]

Loop breëbors met dié meesterdigter

Sommige noem hom die invloedrykste Afrikaanse intellektueel van alle tye, vir ander is dit eerder dié man se digkuns wat die hart (en gedagtes) op soveel maniere raak. N.P. van Wyk Louw was onder andere ’n vyfmalige wenner van die gesogte Hertzogprys vir poësie en skrywer van die nou legendariese werke “Raka”, “Grense” en “Die […]

Nou beskikbaar: N.P. van Wyk Louw-pakket

Die N.P. van Wyk-Louw-pakket (bestaande uit Rooidag, die 13-snit album met gedigtoonsettings deur Leon Gropp, ’n Louw-koffiebeker en T-hemp) is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R330. Louw en sy broer W.E.G. Louw se bekroonde skryfwerk word as tydlose Afrikana beskou en bied steeds uitsonderike relevansie aan hedendaagse lesers. Gedigtoonsettings van verskeie van Louw se […]

Gee jou wildtuin-ervaring vlerke met dié boek

’n Besoek aan die Krugerwildtuin is so deel van Suid-Afrikaners se kultuur soos braaivleis en biltong. Danksy die skrywer André Christof se onuitputlike passie vir dié nasionale park se natuurlewe, sy fyn waarnemingsvermoë en innemende skryfstyl is die wildtuin-ervaring nou selfs meer kleurryk en opwindend. Christof se derde reisjoernaal, Op vlerke: Ervarings om te koester, […]