Tag Archives: Brittanje

11 November 1880: Wa-insident vind plaas

Kort vóór die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog het ’n belastinggeskil in November 1880 die Boere en Britte tot op die rand van ’n konflik gebring. Transvaal was in daardie stadium in Britse hande nadat die republiek in 1877 geannekseer is en gemoedere het hoog geloop. Dr. Jackie Grobler skryf in sy boek Die Eerste […]

9 November 1899 – lord Salisbury verklaar Brittanje se doel met oorlog

Raar, maar waar … Vandag 121 jaar gelede, op 9 November 1899, verklaar die Britse eerste minister, lord Salisbury, tydens ’n burgemeestersbanket in Londen Brittanje se doel met die oorlog teen die ZAR en die OVS: “We seek no goldfields: we seek no territory. What we desire is equal rights for all men of all […]

2 Oktober 1899 – Kruger kondig aan oorlog is onvermydelik met Brittanje

Op 2 Oktober 1899 kondig pres. Paul Kruger van die ZAR aan dat ’n oorlog tussen die Boererepublieke en Brittanje onvermydelik is. Die ZAR het reeds sy magte enkele dae tevore, op 28 September 1899, gemobiliseer. Ook op 2 Oktober word burgers van die Republiek van die Oranje-Vrystaat gemobiliseer en burgers van albei republieke beweeg […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 5 September 1914

Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 21 Augustus 1914

Op 21 Augustus 1914 vind ’n “inval” deur Duitsers vanuit Duitswes-Afrika by Schuitdrift, sowat 50 km noordwes vanaf Kakamas, op die Oranjeriviergrens tussen Duitswes-Afrika en Suid-Afrika plaas. In Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van prof. Andries Raath) word die gebeurtenis soos volg beskryf: “By Schuitdrift het ’n groepie Afrikaners op 21 Augustus Duitswes onwettiglik probeer verlaat […]