Tag Archives: Buffelsrivier

25 Januarie 1981 – Laingsburg-vloed

Op 25 Januarie 1981 breek die walle van die Buffelsrivier en oorstroom die dorp Laingsburg. Nagenoeg 100 mense sterf, 184 huise word verwoes en 72 mense se liggame word nooit weer gevind nie. Dié vloed het gevolg nadat sowat 425 mm reën op 24 en 25 Januarie geval het.