Tag Archives: Cecil John Rhodes

6 November 1899 – Boere bestook beleërde Kimberley vir die eerste maal

Op 6 November 1899, vandag 121 jaar gelede, bestook die Boere die beleërde Kimberley vir die eerste maal tydens dié beleg. Die bomme het stiptelik om 18:00 begin neerval op die dorp. Winifred Heberden, die eggenote van ’n mediese dokter in Kimberley, het gedurende die beleg dagboek gehou van gebeure. Hierin skryf sy op 7 […]

16 Julie 1906 – Finansiële genie van Kimberley Alfred Beit sterf

Op 16 Julie 1906 sterf die man wat beskryf is as die finansiële genie van Kimberley, Alfred Beit, op die ouderdom van 53 jaar in Londen. Beit was onder meer die medestigter van die De Beers-diamantmaatskappy. Beit is in 1853 in Hamburg gebore en voor sy emigrasie na Suid-Afrika, was hy reeds van 18-jarige ouderdom […]

14 Junie 1897 – Joodse diamantmagnaat Barney Barnato pleeg selfmoord

Op 14 Junie 1897 pleeg die Joodse diamantmagnaat Barney Barnato selfmoord toe hy naby Madeira oorboord spring van die “Scot”. Barnato en sy gesin was vanaf Kaapstad onderweg na Southampton. Hy was 44 jaar oud. Barnato is gebore as Barnett Isaacs, maar het sy naam verander terwyl hy as komediant gewerk het. Hy het in […]

18 Maart 1834 – Maria Koopmans-De Wet gebore

Op 18 Maart 1834 is Maria Koopmans-De Wet in die Kaap gebore. Sy was gedurende die Anglo-Boereoorlog aktief betrokke by verskeie petisies, vergaderings en die insameling van noodsaaklike middele vir behoeftige mans, vroue en kinders van die twee Boererepublieke, veral vir dié in konsentrasiekampe. Koopmans-De Wet was een van die mees vooraanstaande Kaapse Afrikaners van […]