Tag Archives: D.J. Opperman

Aanhaling van die week – 11 April 2022: Audrey Blignault en Golgota

“’n Diep vertroosting is dat die liefde vir boeke ’n mens kan bybly solank jy leef. Jy hoef dit nooit soos ander stokperdjies en belangstellings langs die pad te laat lê nie.” Audrey Blignault (Afrikaanse skrywer, joernalis, radioaanbieder) Golgota (Uit: “Die passie van ons Heer”) Met rooi, gewonde voete en die pyn van dorings wat […]

Onthou jy nog? Wielie walie “tjoef-tjaf” ’n treffer

Die eenvoudige kinderliedjie oor ’n apie op ’n vaatjie wat “tjoef-tjaf” afval, het oorspronklik in 1957 as ’n kleuterversie in D.J. Opperman se gewilde Kleuterverseboek verskyn. Die immergewildheid van dié versie is egter te danke aan die kinderprogram Wielie Walie wat sedert die begin van televisie in Suid-Afrika reeds in die woonkamers van Suid-Afrikaners nesgeskrop […]

18 Junie 1970 – N.P. Van Wyk Louw sterf

Op 18 Junie 1970 sterf die Afrikaanse digter en dramaturg N.P. Van Wyk Louw in die ouderdom van 64 jaar in Johannesburg. In D.J. Opperman se “Senior verseboek” word Van Wyk Louw soos volg beskryf: “As digter is Van Wyk Louw veral die soeker – nie die soeker om die vreugde van die soektog nie, […]

Skrywersaanhaling van die week – 30 Maart 2020

“Die kritikus is, soos die digter, 24 uur in diens van sy vak; en al is sy gebied meer beskeie en kleiner as dié van die skeppende kunstenaar, vereis dit dieselfde oorgawe en hartstog.” –  John (J.C.) Kannemeyer (31 Maart 1939-25 Desember 2011), akademikus, letterkundige kritikus, skrywer, samesteller en redigeerder. Hy is veral bekend vir […]