Tag Archives: De la Rey

12 Januarie 1915 – Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig

Op 12 Januarie 1915 word ’n Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig. Hieroor skryf Marthinus van Bart in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 soos volg: “Ook in die suidelike distrikte van Transvaal rondom Lichtenburg, setel van wyle generaal Koos de la Rey, is aansienlike skade deur die Rebellie veroorsaak, en ook daar is groot eise teen Rebelle ingestel. Op […]

Vrystaat-brande: Skenk én kry met Kraal Uitgewers

’n R5 000-skenking kan sowat 30 beeste vir ’n week lank voed. Jý kan help. Sowat 150 000 ha, of eenvoudiger gestel die grootte van nagenoeg 150 000 rugbyvelde, is gedurende Oktober 2020 weens brande in die Wes-Vrystaat verwoes. Die tragedie ken bykans geen perke nie – weiding is verwoes, infrastruktuur is vernietig, diere is […]

22 Oktober 1847 – Leeu van die Wes-Transvaal gebore

Lees meer oor De la Rey se merkwaardige loopbaan en lewe in De la Rey: ’n Stryd vir vryheid. Dié koffietafelboek beslaan meer as 570 bladsye oor De la Rey se lewe en is saamgestel deur die historikus A.W.G. Raath. Dit is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen die spesiale prys van R240, slegs geldig op […]

12 Oktober 1899 – Eerste skote van die Anglo-Boereoorlog klap in die Wes-Transvaal

Op 12 Oktober 1899, vandag 121 jaar gelede, het die eerste skote van die Anglo-Boereoorlog het in die hartjie van die Wes-Transvaal geklap. Daardie eerste skote het by Kraaipan (nagenoeg 50 km suid van Mafeking) geval toe Johannes Cornelis (Hansie Veldkornet) Coetzee op die Britse gepantserde trein, Mosquito, geskiet het. In sy boek Wes-Transvaal: Militêre […]

20 September 1914 – Genl. Koos de la Rey begrawe

Op Sondag 20 September 1914 word genl. Koos de la Rey se oorskot in Lichtenburg begrawe. Die begrafnis verloop spannend, aangesien talle mense openlik die vermoede uitspreek dat De la Rey in opdrag van die regering doodgeskiet is. Louis Botha, Jan Smuts, Christiaan Beyers, Christiaan de Wet en Jan Kemp is onder die enkele duisende […]