Tag Archives: De Wet

30 November 1914 – Rebelleleier genl. Christiaan de Wet tot oorgawe gedwing

Op 30 November 1914 word die rebelleleier genl. Christiaan de Wet en ’n aantal van sy volgelinge op die plaas Waterbury, sowat 20 km buite Morokweng naby die grens met Betsjoeanaland (vandag Botswana) deur regeringstroepe omsingel en tot oorgawe gedwing. De Wet gee hom oor aan lt.kol. Jorrie Jordaan, ’n bittereinder van die Anglo-Boereoorlog. Sy […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 3 November 1914

Op 3 November 1914 neem Christiaan de Wet en sy Rebelle die Vrystaatse dorp Lindley in. Sommige van die opstandelinge maak hulself blatant aan plundering van winkels skuldig. Op dieselfde dag beset Jan Kemp en sy perdekommando – wat uit 610 man bestaan – Schweizer-Reneke vir ’n paar uur lank. Hulle kommandeer perde, muile en proviant […]

NUUT op Kraal Afgestof: Christiaan de Wet: ’n Lewensbeskrywing

In sy boek Christiaan de Wet: ’n Lewensbeskrywing vertel ds. J.D. Kestell die verhaal van een van die mees geliefde Boeregeneraals in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dié boek het die eerste keer in 1920 by De Nationale Pers verskyn. Dit is juis so uitsonderlik omdat dit in De Wet se leeftyd, met die generaal se medewerking, […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 26 Oktober 1914

Teen 26 Oktober 1914 is dit duidelik dat talle Afrikaners hul steun aan ’n Rebellie teen die Unieregering gee. Jopie Fourie en sy broer, Johannes Fourie, het byvoorbeeld net die vorige dag (25 Oktober 1914) by die rebelle aangesluit, terwyl nog ’n groep rebelle beheer oor die dorp Koppies geneem het. Op 26 Oktober 1914 […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 Oktober 1914

Op 9 Oktober 1914, vandag 106 jaar gelede, gaan Manie Maritz (wat skaars ’n week tevore nog gedreig het dat hy eerder uit die Unieverdedigingsmag sal bedank as om Duitswes-Afrika in te val) met sowat 600 man by hom by Van Rooyensvlei, wes van Upington, oor tot ’n Rebellie teen die regering. Maritz het die […]