Tag Archives: De Zuid-Afrikaan

23 Desember 1838 – Andries Pretorius skryf aan Jacobus Boshoff

Op 23 Desember 1838 skryf Andries Pretorius ’n brief aan Jacobus Boshof van Graaff-Reinet. Daarin vertel hy van die Voortrekkers se oorwinning by Bloedrivier en hul inname van uMgungundlovu. Dié brief verskyn op 16 Februarie 1839 in De Zuid-Afrikaan. (Illustrasie: ’n Kunstenaarsvoorstelling van Dingane se kraal. Bron: Afrikaanse kultuuralmanak)

Die Bybel – in AFRIKAANS!

Die eerste eksemplare van die Afrikaanse Bybel word in Mei 1933 by die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap afgelewer, bron: Transvaalse Argiefbewaarplek

Op 26 Augustus 1933, vanjaar 86 jaar gelede, is ’n fees in byna elke uithoek van Suid-Afrika gehou. Die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse Bybel is op dié dag gehou, met die hoogtepunt van feesvieringe wat in Bloemfontein plaasgevind het. Nagenoeg 5 000 gaste het die geleentheid in Bloemfontein bygewoon. Die vertaling van die Bybel […]