Tag Archives: Die Burger

26 Julie 1915 – De Burger verskyn vir die eerste keer

Nasionale Pers se eerste Afrikaanse koerant – “De Burger” – verskyn vandag 106 jaar gelede, op Maandag 26 Julie 1915, die eerste keer op Kaapstad se strate. ’n Predikant van Graaff-Reinet, dr. D.F. Malan, is as die koerant se eerste redakteur aangestel. Hy was aan die stuur van sake tot met sy uittrede in 1924. […]

20 Mei 1916 – Eerste Huisgenoot verskyn

Die eerste uitgawe van Die Huisgenoot, die oudste Afrikaanse weekblad, verskyn op hierdie dag. Dit was, nadat Die Burger die vorige jaar die lig gesien het, die tweede onderneming van die Nasionale Pers wat in 1915 as maatskappy geregistreer is. Die tydskrif was ’n maandblad tot 1923 toe dit ’n weekblad geword het  

1 Augustus 1936 – SAUK tot stand gebring

Vandag 84 jaar gelede, op 1 Augustus 1936, het die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) kragtens die Uitsaaiwet (Wet 22 van 1936) tot stand gekom. Taalhistorikus Jaap Steyn skryf hieroor in sy boek “Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die ‘Patriot’-jare” soos volg: “Die eerste direkteur-generaal (van 1936 tot 1948) was René S. Capara. ‘Die Burger’ […]