Tag Archives: Die Eerste Vryheidsoorlog 1880-1881

FOTO VAN DIE WEEK – Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881

Hierdie week se FOTO VAN DIE WEEK kom uit: Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 ’n Blik oor Pretoria tydens die Eerste Vryheidsoorlog met die Britse militêre kamp gemerk as A, Fort Commeline as B en Loretohuis, bekend as die Klooster, gemerk as C. Lees verder in Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is beskikbaar by Kraal Uitgewers hier.

17 September 1819 – M.W. Pretorius in Graaff-Reinet-distrik gebore

Op 17 September 1819, vandag 201 jaar gelede, is M.W. (Marthinus Wessel) Pretorius, eerste president van die ZAR en seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het as jong man sy ouers op die trek na Natal vergesel en later ook na Transvaal getrek. As die eerste president van die ZAR […]