Tag Archives: Die erwe van ons vaad’re-reeks

30 Januarie 1915 – Rebellieleiers vergader oor voorwaardes van hul oorgawe

Op 30 Januarie 1915 vergader die twee rebellieleiers Jan Kemp en Manie Maritz tussen Christiana en Upington met Jaap van Deventer van die Unieverdedigingsmagte oor die voorwaardes van hul oorgawe. Die Rebellie het misluk en daardie nag onderteken Kemp en Maritz die ooreenkoms voordat hulle die volgende dag na hul kommando’s terugkeer. Die formele oorgawe […]

6 November 1899 – Boere bestook beleërde Kimberley vir die eerste maal

Op 6 November 1899, vandag 121 jaar gelede, bestook die Boere die beleërde Kimberley vir die eerste maal tydens dié beleg. Die bomme het stiptelik om 18:00 begin neerval op die dorp. Winifred Heberden, die eggenote van ’n mediese dokter in Kimberley, het gedurende die beleg dagboek gehou van gebeure. Hierin skryf sy op 7 […]