Tag Archives: Die Volksblad

8 Julie 1957 – Hertzogprys wenner C.M. van den Heever oorlede 

Die Afrikaanse skrywer en tweemalige wenner van die Hertzogprys, C.M. van den Heever, is vandag 63 jaar gelede, op 8 Julie 1957, oorlede. Hy was deel van die skrywersgroep genaamd die Dertigers. Ander skrywers in dié groep was onder andere Uys Krige en Elisabeth Eybers. Van den Heever is in 1902 in die Norvalspont-konsentrasiekamp gebore. Hy […]

30 April 1925 – Antjie Krog se ma gebore

Die Afrikaanse skrywer en ma van skrywer Antjie Krog, Dot Serfontein, is vandag 95 jaar gelede, op 30 April 1925 gebore. Volgens ’n profiel van dié skrywer op LitNet kon Serfontein as kind nie “dogtertjie” sê nie, maar “dottertjie”, derhalwe het die naam “Dot” houvas gekry. Sy het reeds as jong kind haar skryftalent begin […]