Tag Archives: digkuns

Boekgesprek – Weerbare weemoed: Vertalings van Luuk Gruwez se gedigte sedert 2008

Die Vrystaat Kunstefees bied vanaf 19 tot 22 April 2021 ’n Vlaamse Week aan waartydens bekende Suid-Afrikaanse en Vlaamse skrywers en digters gaan optree. Op Maandag 19 April om 17:30 gesels Luuk Gruwez en Hennie van Coller oor Weerbare weemoed. Hierdie regstreekse gesprek kan virtueel gevolg word op die Facebook-blad van die Vrystaat Kunstefees by […]

Die Taaltrommel 15 Maart 2021: Wêreld Poësiedag

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Op 21 Maart word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier, maar reeds in 1999 het die Verenigde Nasies 21 Maart tot Wêreld Poësiedag verklaar. Daardeur word erkenning gegee aan die unieke vermoë van poësie om die kreatiewe gees van die menslike verstand […]

Spreekwoord van die week – 15 Maart 2021: Die Parnassos bestyg

Die Parnassos/Parnassus bestyg. Digter word. (Parnassos is ’n berg in Griekeland wat in die Griekse mitologie die heiligdom van die god Apollo was. Ook bekend as die woonplek van digters, die digkuns.) (BRONNE: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)

Luuk Gruwez, die klankryke digter van Weerbare weemoed

Die digter Luuk Gruwez met Weerbare weemoed in die hand. Hennie van Coller het die gedigte uit Nederlands in Afrikaans vertaal. (Foto: Mieke Deferme)

Luuk Gruwez is ’n Belgiese skrywer en essayis, maar by uitstek een van die mees gebloemleesde digters op die gebied van die Nederlandse taal. Weerbare weemoed bevat ’n keur uit Gruwez se jongste bundels, Lagerwal (2008), Wijvenheide (2012), De eindelozen (2015) en Bakermat (2018). Die gedigte in Weerbare weemoed is deur Hennie van Coller in […]

Hennie van Coller – skepper van meesterlike vertalings

Hennie van Coller, die gerekende en bekroonde letterkundige, is ’n man van vele talente en belangstellings. Hy het jare se ondervinding as akademikus – eers aan die destydse Universiteit van Natal en toe aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy steeds uitstaande professor (emeritus) en navorsingsgenoot is. Hy is ook buitengewone professor aan die […]