Tag Archives: digter

Skrywersaanhaling van die week – 1 Junie 2020

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind. Dit vorm ’n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika en wat daar aan hulle vereniging kan ontspruit – dit is miskien wat vir Afrikaans voorlê om ontdek te word. Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak […]

1 Junie 1940 – Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers sterf

Op 1 Junie 1940 – vandag 80 jaar gelede – sterf die Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers in die ouderdom van 75 jaar. Jan Francois Elias Celliers is op 12 Januarie 1865 op ’n plaas buite Wellington gebore. Hy was ’n geliefde Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is in 1894 as die staatsbibliotekaris in […]

12 April 1947 – C. Louis Leipoldt sterf

Op 12 April 1947 sterf die Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt in die ouderdom van 66 jaar aan ’n hartaanval. Oor die skrywer se afsterwe skryf N.P. van Wyk Louw soos volg in “Die Burger” van 14 April 1947: “In die dae van ons grootste nood was Leipoldt die hart van die Afrikaanse volk. Dit was in […]

26 Februarie 1915 – Digter Elisabeth Eybers gebore

Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is vandag 105 jaar gelede, op 26 Februarie 1915, in Klerksdorp gebore, maar het op Schweizer-Reneke grootgeword. Sy het ná skool aan die Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg studeer en behaal in 1936 haar honneursgraad in Afrikaans waarna sy as joernalis werksaam was. In 1943 […]

Adam Small: Denker, digter, dramaturg

Adam Small: Denker, digter, dramaturg (2017) het ’n jaar ná die afsterwe van dié besondere Afrikaanse skrywer verskyn en bring hulde aan dié woordkunstenaar wat in 2012 met die Hertzogprys vereer is. Die bundel bied ’n terugblik op Small as mens én skrywer en ondersoek ook temas soos die toekoms van Afrikaans en Afrikaanse letterkunde, […]