Tag Archives: Dingaan

8 November 1837 – Piet Retief verlaat Dingaan se hoofstad

Die Voortrekkerleier Piet Retief en sy geselskap verlaat Umgungundlovu, die hoofstat van die Zoeloekoning Dingaan, op 8 November 1837 na afloop van hul eerste besoek aan die koning. In sy boek The Voortrekkers of South Africa (1937), skryf Manfred Nathan dat Retief ná die besoek aangedoen het by die Amerikaanse sendeling George Champion. Champion se […]

21 Oktober 1837 – Retief-trek span uit by Kerkenberg

Op 21 Oktober 1837 span die Retief-trek uit by Kerkenberg in die Drakensberge, terwyl Piet Retief se ’n klein geselskap in Port Natal aandoen om die streek te verken. Eerwaarde Erasmus Smit skryf oor die uitspanplek dat die besondere rotsformasie van die plek hom tot ’n kerk of plek van aanbidding sou kon leen – […]