Tag Archives: Donkerhoek

Rebellie van 1914 – Dagboek: 26 Oktober 1914

Teen 26 Oktober 1914 is dit duidelik dat talle Afrikaners hul steun aan ’n Rebellie teen die Unieregering gee. Jopie Fourie en sy broer, Johannes Fourie, het byvoorbeeld net die vorige dag (25 Oktober 1914) by die rebelle aangesluit, terwyl nog ’n groep rebelle beheer oor die dorp Koppies geneem het. Op 26 Oktober 1914 […]

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]

Net toe die Britte dink die oorlog is verby 

Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die ZAR het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. […]

1 September 1900 – Lord Roberts proklameer Brittanje se anneksasie van ZAR

Vandag 120 jaar gelede, op 1 September 1900, reik lord Roberts ’n proklamasie uit waarmee die ZAR deur Brittanje geannekseer word. Pretoria, die hoofstad van die ZAR, is reeds op 5 Junie daardie jaar ingeneem en die Britte was van mening dat die republikeinse magte hulle daarna aan Britse magte sou onderwerp – dit het […]

27 Augustus 1919 – Genl. Louis Botha sterf

Op 27 Augustus 1919 sterf genl. Louis Botha, voormalige eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, aan griep op sy plaas Rusthof buite Franschhoek in die ouderdom van 56 jaar. Botha het veral gedurende die Anglo-Boereoorlog uitmuntende krygsmanskuns openbaar en het kmdt.genl. Piet Joubert in 1900 as hoof van die Boeremagte van die ZAR opgevolg. […]