Tag Archives: ds. J.D. Kestell

28 November 1916 – Pres. M.T. Steyn sterf

Op 28 November 1916 – vandag 104 jaar gelede – sterf die laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn in die ouderdom van 59 jaar. Gedeeltes van Steyn se laaste toespraak wat die oggend van sy dood nog aan kongresgangers van die Oranje-Vrouevereniging in Bloemfontein gelewer is, is in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ingesluit (en hier […]

27 Oktober 1926 – Emily Hobhouse roudiens gehou

Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]

7 Julie 1940 – Federale Volksbeleggings Beperk (FVB) geregistreer

Op 7 Julie 1940 – vandag 80 jaar gelede – is Federale Volksbeleggings Beperk (FVB) geregistreer. Dit was ’n voortvloeisel uit die Eerste Ekonomiese Volkskongres wat in 1939 gehou is. Drie instellings is tydens die kongres geskep: FVB, die Reddingsdaadbond (RDB) en die Ekonomiese Instituut (wat tot die vestiging van die Afrikaanse Handelsinstituut, AHI, gelei […]