Tag Archives: Elizabeth Jane Dijkman

25 Augustus 1840 – Skrywer van eerste SA kookboek is gebore

Elizabeth Jane Dijkman, skrywer van die eerste Suid-Afrikaanse kookboek is gebore. Haar kookboek, Di Suid-Afrikaanse kook, koek- en resepteboek, wat in 1891 deur die drukkers van Die Afrikaanse Patriot gepubliseer is, het binne twee jaar drie uitgawes en uiteindelik altesame 18 uitgawes beleef.

25 Augustus 1840 – Elizabeth Jane Dijkman gebore

Op 25 Augustus 1840 – vandag 180 jaar gelede – is Elizabeth Jane Dijkman (gebore Eckley) in Londen gebore. Elkeen wat die wonders van Suid-Afrikaanse kookkuns waardeer, kan gerus vandag ’n glasie klink, of ’n dis optower ter ere aan Elizabeth.  Ná haar huwelik met die sendeling Hendrik Dijkman het Elizabeth verafrikaans. Die egpaar het […]